Hampstead

Hampstead
Voorstad
Hampstead
Hampstead
Hampstead is in Groter Londen
Hampstead
Hampstead
Koördinate: 51°33′15″N 0°10′28″W / 51.55417°N 0.17444°W / 51.55417; -0.17444
LandVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Land Engeland
GraafskapGroter Londen
BoroughCamden
TydsoneUTC±00:00 (MGT)
 • SomertydUTC+01:00 (BST)
Poskode
NW3
Skakelkodes020
Church Row, met die ingangshek tot die ou kerkhof

Hampstead [ˈhæmpstɪd of -stɛd], algemeen bekend as Hampstead Village, is 'n stadsdeel van Londen, Engeland, sowat 4 myl of 6,4 km noordwes van Charing Cross. Hampstead, wat deel uitmaak van die Londense distrik Borough of Camden, het oor die eeue heen sy dorpskarakter bewaar. Skoon lug en die uitsig, wat 'n mens van hier af oor die stadsgebied en tot by die heuwellandskap van Surrey het, maak van Hampstead 'n gewilde woonplek. Hier is van die duurste eiendomme in die Britse hoofstad geleë, en die getal miljoenêrs, wat hier woonagtig is, is groter as in enige ander gebied in die Verenigde Koninkryk.[1]

In die Tudor-tydperk het welvarende koopmanne hulle hier begin vestig, en in die 18de eeu was die gebied so gewild soos Islington. Sy rustige ligging buite die woelige middestad van Londen en die mineraalbronne, wat hier ontspring, het van Hampstead 'n elegante ontspanningsplek en herstellingsoord gemaak. Die lys van bekende inwoners sluit die staatsman William Pitt en die skrywers Robert Louis Stevenson en John Galsworthy in.[2] Keats House, die woning van die Romantiese digter John Keats, is hier geleë.

Naas literêre persoonlikhede word Hampstead vandag ook met ander kunstenaars, musici, intellektueles en liberales verbind. Hampstead Heath, 'n uitgestrekte heuwelagtige parklandskap, is een van die bekendste groen ruimtes in Londen.

  1. "David Wade: Whatever happened to Hampstead Man? In: Telegraph.co.uk, 8 Mei 2004". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 September 2012. Besoek op 15 Augustus 2021.
  2. Louise Nicholson: London. 5de uitgawe. Hamburg: National Geographic Deutschland 2014, bl. 152

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search